Plagiaat en die steel van woorde
‘n
PerskeWang-storiegroepartikel
© VDS Brink 2012
INLEIDING
“As ek een persoon se werk sonder toestemming
gebruik is dit kopiereg skending; sou ek dit met ‘n aantal mense doen, dan is
dit navorsing!”
Onbekend.
Ons
PerskeWangers speel met woorde, woorde wat in ons is of wat ons skep soos ons
deur die lewe gaan. Ons vertel wat met ons gebeur het en ons dink aan nuwe
dinge; skep nuwe mense in ons gedagtes en maak dit lewendig op papier. Elke
woord wat ons skryf het ons by iemand gehoor, elke gedagte ook. Wanneer oortree
ons reëls en wette en wanneer is dit reg?
Die ontdekking van die Internet in 1963 was die grootste
ontwikkeling sedert die drukpers en die wiel. In 1992 het die koms van HTML dit
wêreldwyd op elkeen se tafel gesit en sedert 2005, in ons sakke en in ons hande
waar ons ookal mag wees.
Almal weet vandag alles – of dink ten minste so – soos woorde en beelde teen breukdele van ’n
sekonde om die aarde trek. Wysheid word bedreig deur die ontploffing van
dikwels sinlose inligting. In hierdie oerwoud moet die skrywer hom-/haarself
vind.
Om in die lewe uit te styg is om te weet dat data en
inligting maar min beteken. Grootsheid gebeur as ons kan skuif na kennis, dan
insig en uiteindelik wysheid. Om dit reg te kry moet ons onsself verdrink in
feite, met diverse mense meng, die water toets, wonde opdoen, daar uitkom met
nederigheid en eers dan ons eie pad volg.
Die artikel kyk ook na regsimplikasies oor
landgrense en nie net na Suid Afrika spesifiek nie, deur te debatteer wat reg
en wat verkeerd is en probeer riglyne gee voor ons die volgende woorde skryf.
Dit berus op persoonlike ervaring, maar veral ook
die werk van Clem Sunter (2005), Hanno Olinger (2004) en Ellen Kozak (2012). Die
artikel het vele areas waarop uitgebrei kan word en ons as groep kan met ons bydraes
help om dit volledig te maak tot almal se voordeel.
VERONTSKULDIGING
“Dit is beter
om liewer stil te bly want hulle mag dalk dink jy is dom as om jou mond oop te
maak en alle twyfel uit te weg te ruim!”
Abraham
Lincoln
Die
skrywer is ’n lewenstudent. Het nie BA of LLB kon gaan leer nie, moes verdwaal
tussen Fisika en Wiskunde en maar net ’n tegnokraat wat lief geword het vir
woorde. Kon darem kriminele reg met onderskeiding deurkom ... as studentekonstabel
in die SAPD kollege!
Die poging is PerskeWang se breinkind. PerskeKrit
het dit vir ons netjies gemaak.
Afrikaans is ‘n harttaal, maar moeilik om feite logies
weer te gee. Die artikel is self nie perfek nie en oortree selfs kopiereg.
Vergewe asseblief, dit is gedoen in die gees van:
“Wat jy ook al dink jy kan doen, begin net daarmee.
Aksie gee ons genade en towerkrag.”
Johann
Wolfgang von Goethe
WAT IS REG EN WAT IS VERKEERD?
“Die minderheid is soms reg, die meerderheid is altyd verkeerd”
George Bernard Shaw
Ons
moet twee aspekte in gedagte hou: die wet en moraliteit. Die wet is die
maklikste, alhoewel daaroor ook verskille
kan wees. Dis immers waaruit regslui ’n lewe maak!
Moraliteit is kompleks. Wat vir my reg is mag vir jou
verskil. Dit verskil ook oor kultuurgrense. Byvoorbeeld in die Engelse kultuur (soos
by ons) is veelwywery en omkopery verkeerd. In Frankryk of Arabiese lande is
dit die norm. In Saudi Arabië weer ’n voorbeeld vir almal met ’n wonderlike wet:
vroue mag nie motors bestuur nie!
Hoe mense mekaar groet, sit, staan, loop en gedra
verskil oor kultuurgrense. Wat vir die een reg en moreel korrek is, is nie vir
die ander een nie. Olinger (2007) stel die volgende goue reëls voor:
·
Is dit wettig?
·
Is daar ’n etiese kode wat ons kan volg?
·
Is dit ’n “shoosher?” en wat gebeur as
jy hoor: “Moet tog vir niemand vertel nie maar ...”
·
Wat sal jou ma daarvan sê as sy dit moet
weet?
·
Is daar ’n groepsbeleid hieroor?
·
Bedreig jy die regte van ’n ander
persoon?
·
Vermy jy veranwoordelikheid?
·
Is daar konflik met jou pligte en die
van die ander persoon?
·
Is dit goed vir die groep?
·
En wat daarvan sou almal daarvan weet?
In
ons geval, kyk na hierdie riglyne, maar ook in die konteks van ons skryfwerk
deur lank in die spieël te kyk en seker te wees dat ons nie oortree nie.
Onthou, niks sterf op die Internet nie (Kozak,
2012). Iets wat ons laat glip in ’n onbewaakte oomblik kan lank na die tyd na
ons terugkom as ’n regseis of ons reputasie skaad.
KOPIEREG EN DIE WET
“Net een ding is vir die Here onmoontlik, om
die kopieregwette van ons planeet te verstaan!”
Mark
Twain
Kopiereg
gaan oor die 5 regte wat aan die skepper van woorde, beelde en begrippe behoort,
naamlik die reg om :
·
Werk te kopieer
·
Werk te versprei
·
Werk te vertoon
·
Werk in ’n optrede te gebruik
·
Nuwe werk daarvan af te lei en te
versprei
Werk
word nie beskerm as dit nie in ’n medium (papier, kamera, rekenaar, doek)
vasgevang is nie. Daar hoef nie ’n “©” te wees nie. Die feit dat dit oorspronklik
is en dat dit vasgevang is, is genoeg.
Dit is veel meer as woorde. Om ‘n gebou af te neem
en die foto kommersieël te gebruik sonder die argitek se toestemming sou ook
kopieregskending kon wees. Die lustige aflaai van Google Images skend ook
kopiereg.
Daar is die kriminele reg wat misdade omskryf en ook
die bylaag 16-kategorie insluit vir ernstige misdade, bv. “aanranding met die
opset om ernstig te beseer.”
Dan is daar die gemene reg. Dit vra een vraag: Sal ’n
redelike mens so optree? Moord is ’n goeie voorbeeld. Dit berus op vorige
hofsake en skuif die grense deurentyd. Suid Afrika se gemene reg is gevorderd.
In die VSA is daar min van en dit verklaar die bykans 2 miljoen prokureurs wat
daar bedrywig is. Om iemand se woorde te steel: is dit wat die redelike mens
sou doen?
Kopiereg is vir ’n lang tyd geldig – in die meeste lande vir 70 jaar. Ek kan dus
Beethoven se musiek speel of SJ du Toit se werk gebruik sonder om sy agterkleinkinders
te moet betaal!
Dit is dikwels vaag en die beste is om aan te neem
dat daar wel kopiereg op werk is.
Ander slaggate vir skrywers is laster en crimen injuria.
Sou ek ’n onwaarheid oor iemand vir ’n derde persoon
vertel, dan is dit laster en die skade wat dit doen kan van my deur ‘n siviele
regseis verhaal word. Dit kan miljoene beloop. Koerante stel hulself hieraan bloot
en gebruik dikwels “na bewering” om hul rug te dek. Selfs dit mag nie goed
genoeg wees nie.
Crimen Injuria is wanneer ’n persoon die eer en
waardigheid van ’n ander persoon aantas. Om sonder ’n draad klere oor Nuweland
te hardloop is Crimen Injuria teenoor die toeskouers. ’n Belediging of afkraak
van persoonlikheid val ook hieronder. Dit is ‘n kriminele oortreding en word
deur die staat vervolg. Dit hoef nie teenoor ’n derde persoon te wees nie. Selfs al sou ek aan jou ’n private brief stuur,
kan dit ook Crimen Injuria wees.
By sommige webgespreksgroepe is daar vele voorvalle van
crimen injuria en die skuldiges sou krimineel aangekla kon word. Ondanks die lafhartigheid wat dikwels
hiermee saam gaan is dit nie die manier hoe ons ‘n beter wêreld skep nie.
EN AS IEMAND JOU WERK STEEL
“Met net ‘n aktetas kan ʼn prokureur meer
steel as honderd mense met gewere!”
Mario Puzo
Mario Puzo
Dan
kom jy agter jou eie woorde word gesteel. ’n Landbou tydskrif het skaamteloos ’n
artikel
net so, sonder verwysing woord-vir-woord oorgeneem, selfs ook prokureurs
in Sandton! Wat nou?
In enige konflik volg die stappe van oorlog (Green,
2006):
·
Kyk lank en diep in die spieël en vra:
“Is dit nou regtig die bakleiery werd?” Sedert die aarde 4 500 miljoen jaar
gelede ontstaan het en hiërogliewe 8 000 jaar gelede, is nog nooit opgeteken
dat enigeen ooit ’n argument gewen het nie. Self kon ek nooit een teen ’n vrou
wen nie! Al dink ons dat ons wen, ons vernietig verwantskappe in die proses. In
jou geval gaan jy dit ook nie regkry nie, die geskiedenis is teen jou!
·
Kan hier ’n gelukkige einde vir beide
van ons wees? Ons het ’n plig om ander in te lig en te help.
·
Gaan gesels met ander kenners en toets
dit met hulle.
·
Skiet ’n waarskuwingsskoot. “Ek merk u
het ... van my verhaal, ..., gebruik, verduidelik asseblief?”
·
Sou die persoon jou ignoreer, is dit tyd
vir aanval, maar nooit kop aan kop nie. Dink soos Napoleon, skiet van agter af!
Skryf iets ernstig in 16pt Times Roman deurspek met Latyn en stuur ’n oudtydse
faks na die persoon se kantoor sodat die sekretaresses kan skinder!
·
As dit nie werk nie, word dit tyd vir
bloed en trane. Vertoon die wandaad op elke medium denkbaar! Vermy die stap ten
alle koste.
Onthou
dat as hulle van jou steel is dit ‘n fantastiese kompliment wat ons heerlik
positief kan omdraai en op ons CV’s vertoon.
Dit is algemene praktyk vandag in die musiekbedryf
dat kunstenaars hulle volgelinge aanmoedig om hulle musiek te kopieer. Dit maak
weer die stadions vol. Ons plaaslike musieksensasie wat seker die meeste
Afrikaanse woorde op aarde ooit versprei het (wel...die woorde is maar
skurf..), Die Antwoord, doen presies dit. Yo-landi Vi$$er gaan nie vanaand
honger slaap nie!
Om op te som, moet nie ’n berg van ‘n molshoop maak
nie, bevriend eerder die dief, maak een+een=tien en los die wêreld ’n beter
plek ...
OM AF TE SLUIT
“Wees
sag en gee om as jy kritiek gee...Dit is net so moeilik om ‘n swak boek te
skryf as ‘n goeie een!”
Malcolm
Cowley
Wees
versigtig, wees eerlik en help ‘n beter wêreld bou. Gee volle erkenning, skakel
met die skepper van die woorde of beeld.
Sou jy die slagoffer wees, haal diep asem, dink twee
keer en onthou die woorde van Alexander Pope:
“Om foute te maak is
menslik, om te vergewe is om iets van God in jou te hê”
VERWYSINGS EN VERDERE LEESTOF
De
Bono, E. (1999) New thinking for the new Millenium, Penguin.
Demartini,
J. (2004) How to make a hell of a profit and still go to Heaven. Hay House.
Friedman,
T.L. (2006) The World is Flat, Penguin.
Greene,
R. (2006) The 33 Strategies of War. Penguin.
Kozak,
E.M. (2012) Are you a copyright criminal? Toastmaster Magazine.
Naisbitt, J. (2006) Mindset, Collins.
Ollinger, H (2004) Master’s thesis University of
Pretoria, unpublished.
Peters,
T. (2005) Trends, DK.
Sunter
C, (2005) Socrates and the Fox, Human & Rousseau.